Velkanker Bewusmakings Dag1 September 2022

Velkanker Bewusmakings Inisiatief

Die Velkankerstigting van Suid-Afrika is ‘n onafhanklike nie-winsgewende organisasie wat toegewy is aan bewusmaking, opvoeding, voorkoming, en behandeling van velkanker.

Dr Roscher, uitvoerende hoof van die Velkankerstigting van Suid-Afrika sê: 

“Die stryd teen velkanker,  en die verwoestende uitwerking daarvan op pasiënte en families, het ‘n nuwe fase betree.

 Nuwe siftings- en karteringstoestelle en -tegnieke, het alle dermatologie-siftingsprosesse verbeter. Vroeë opsporing het derhalwe met rasseskrede verbeter, en  bly noodsaaklik vir hoë genesingsyfers van alle vorme van velkanker.

Daarbenewens is nuwe chirurgiese tegnieke soos Mohs Mikrografiese Chirurgie, en ander definitiewe intervensies, nou beskikbaar in die meeste streke in Suid-Afrika om velkanker vinnig en doeltreffend te hanteer.

Sommige vorme van velkanker, spesifiek Melanoom – is gram vir gram miskien die mees dodelike vorm van enige tipe kanker. “ Dr Roscher het verder gesê. 

” Jou dermatoloog is jou beste keuse vir vroeë en korrekte diagnose en definitiewe behandeling. Beskerm jou vel en gebruik elke dag ‘n sonskerm!  Moenie jou besoek uitstel as jy vermoed dat ‘n letsel moontlik gevaarlik is nie”  sê  Gayle Thorne, COO van die Velkankerstigting.

Shivani Naidoo, velsorgkonsultant vir die Velkankerstigting het opgemerk:

“Die beginpunt van velkanker en fotobeskadiging van die vel, spruit uit herhaalde sonbrande.

Gereelde gebruik van SPF-bevattende produkte (insluitend anti-oksidante serums) en fisiese maatreëls soos hoede , sonbril en beskermende sportdrag, help in die stryd teen son-geïnduseerde skade aan die vel.

Baie min aandag word ook gegee aan skade aan die vel van kleur, wat neig om donkerder te word na baie sonbrande. Vra jou dermatoloog, geneesheer of apteker oor die nuutste neigings in velsorg en velgesondheid,” het sy afgesluit.

Uitgereik deur Gayle Thorne (COO) Hoof Beampte van die Velkanker stigting

Contact Us

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Not readable? Change text. captcha txt